Welkom

Welkom

WELKOM BY INTéGRO

In Januarie 2003 is Intégro, ’n familiebesigheid in privaat besit, gestig.

Saam het ons meer as ’n 100 jaar se ervaring wat ons daartoe in staat stel om aan ons kliënte goeie gehalte diens te lewer asook om hulle van professionele advies te voorsien.

As ’n goedgekeurde finansiële dienste verskaffer strewe ons daarna om ons kliënte se behoeftes te verstaan en te vervul.  Dit is ook vir ons van uiterste belang om voortdurend op die uitkyk te wees vir maniere om aan ons kliënte meer gepaste en effektiewe oplossings te bied.  Daarom ondergaan ons opgeleide en goed gekwalifiseerde personeellede voortdurende opleiding rakende die mees relevante besigheidskennis.

Ons glo in regverdige behandeling van al ons kliënte, om hierdie rede vorm kliënte tevredenheid die hart van ons besigheid.  Ons sal u help met enige navrae wat u mag hê rakende u versekering en u finansiële behoeftes, want ons verstaan die belangrikheid daarvan om “Gemoedsrus te Verseker”.